Recipes

Soet Patat-Rol

Bestandele:

500g Patats, geskil en in blokkies gesny
400g Gekoopte Slilferkorsdeeg, ontdooi
250ml Bruin Suiker
250ml Room
5ml Karamel Geursel

Metode:

1. Kook patats in ‘n bietjie soutwater tot sag, dreineer en druk fyn.
2. Strooi bietjie meel op oppervlakte en le skilverkors deeg op oppervlakte. (Dit help baie as die patats afgekoel het)
3. Smeer die fyngedrukte patats op die deeg en rol op.
4. Sit patat in rol in die vrieskas vir ‘n uur of twee.
5. As die patats taamlik gevries is, sny in ringe en pak plat in oondvaste bak.
6. Meng Bruinsuiker, room en geursel saam (moenie proe nie, jy sal nie ophou nie)
7. Gooi oor patats en o ja die oond moes al op 180C verhit gewees het, jammer!
8. Bak vir 30 min of tot sous lekker donker en styf is.

Heerlik saam met braaivleis of wat ook al – Geniet!!!

Moeitevrye Melktert ( Microwave)

Bestandele:

200g Marie-of Tennisbeskuitjies
30ml Sjerrie (opsioneel)
385g (blik) Kondensmelk
1,125L Melk
15ml Botter
2 Eiers-groot
80ml Mielieblom
5ml Vanieljegeursel
Fyn kaneel om bo-oor te strooi

Metode:

1. Plaas die beskuitjies op bodem van ‘n groot tertbak.
2. Sprinkel sjerrie oor beskuitjies
3. Meng kondensmelk, melk en botter saam in bak
4. Mikrogolf vir 5min lank teen 100% krag
5. klits eiers, mielieblom en geursel saam
6. Voeg by melkmengsel
7. Mikrogolf vir 10minute, maar roer elke 2min vir klonte
8. Die mengsel sal geleidelik styf word
9. Giet oor beskuitjies in bak
10. Sprinkel fyn kaneel oor en hou in yskas tot gestol is

Die resep is onveilbaar, vertrou my!!

Aartappel Sop

Bestandele:

1kg Aartappels
250g Bacon Stukkies
2 Mediumgroot uie, gekap
1 blik Heelpit Mielies (opsioneel)
2 koppies Hoender aftreksel
250ml Room (of melk, maar verkieslik room)
Olie
Pietersielie
Swartpeper
Sout
Chilli Beef Aromat

Metode:

1. Skil aartappels en sny in blokkies
2. kook soos om mash te maak
3. Braai uie, bacon met speserye in olie tot uie deurskyn en bacon gaar is
4. As aartappels lekker fyn is gooi room (dit kan meer wees as 250ml) tot dit pap genoeg is
5. Gooi die uie mengsel by en roer deur
6. Gooi die pitmielies by as jy wil
7. Proe mar of dit sout en pepper genoeg is, anders vul aan.

Dit is vreeslik vinnig, maklik en baie smaaklik.

Grandma’s Scones

Ingredients

* 1 cup sour cream
* 1 teaspoon baking soda
* 4 cups all-purpose flour
* 1 cup white sugar
* 2 teaspoons baking powder
* 1/4 teaspoon cream of tartar
* 1 teaspoon salt
* 1 cup butter
* 1 egg
* 1 cup raisins (optional)

Directions

1. In a small bowl, blend the sour cream and baking soda, and set aside.
2. Preheat oven to 350 degrees F (175 degrees C). Lightly grease a large baking sheet.
3. In a large bowl, mix the flour, sugar, baking powder, cream of tartar, and salt. Cut in the butter. Stir the sour cream mixture and egg into the flour mixture until just moistened. Mix in the raisins.
4. Turn dough out onto a lightly floured surface, and knead briefly. Roll or pat dough into a 3/4 inch thick round. Cut into 12 wedges, and place them 2 inches apart on the prepared baking sheet.
5. Bake 12 to 15 minutes in the preheated oven, until golden brown on the bottom.

Oom Basil se Olyf Brood

Bestandele

* 360g  Koekmeel
* 5ml   Sout
* 5ml   Suiker
* 10g   Suurdeeg
* 30ml  Olyf Olie
* 1     Eier geklits
* 150ml Lou Water

Vulsel:
* 100g  Swart Olywe
* 200g  Mozzarella Kaas

Metode:
Meng al die boonste bestandele saam, behalwe olywe en kaas. Meng olywe en kaas, meng die brooddeeg uit en Pak en olywe Bo-op, rol deeg met die vulsel op. Laat deeg ruis tot die deeg dubbel die grootte bereik het. Bak teen 230 grade vir 10-20 minute.

“Panneman” se Lekker Beskuit

Bestandele

* 6 koppies meel
* 6 teelepels bakpoeier
* 1 koppie suiker
* 2 eiers
* 1 koppie margarien gesmelt
* 1 teelepel sout
* 2 koppies melk
* 1 eetlepel asyn

Metode

Klits eiers en suiker saam en roer margarien by. Voeg droe bestandele by en meng goed. Rol netjies plat in pan, druk stukke af met drukker.

Verwyder drukker. bak so 35 minute by 180. Laat goed afkoel, sny met mes op drukker se lyne. Droog uit.

“Panneman” se Mikrogolf Fudge

Bestandele

* 1 blik(397g) kondensmelk
* 500g versier- of -strooisuiker
* 125g harde margarien
* 5ml vanielje/karamel essens

Metode:
Meng als in ‘n groot plastiese mengbak. Mikrogolf vir 2 min op hoog en roer goed. Mikrogolf vir 5 min op hoog en roer weer baie goed.

Mikrogolf weer vir 4-5 min op hoog totdat die mengsel nie meer oorkook nie. Mikrogolf dan nog so 30 sekondes en roer dan essens in. Gooi in pan en laat staan vir 10 min

New York-kaaskoek

Bestandele

KORS

*85 g botter
*280 g semelbeskuitjies, fyngemaak

VULSEL

*900 g roomkaas van die beste gehalte
*250 g suiker
*3 e (45 ml) meel
*3 eiers + 1 eiergeel
*1 k (250 ml) suurroom
*1 1/2 t (7,5ml) vanieljegeursel

BOLAAG

*1 k (250 ml) suurroom
*1 e (15 ml) strooisuiker
*sap van 1 suurlemoen

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer en voer ‘n losboomkoekpan van 23 cm met
bakpapier uit. Maak die kors deur die botter in die mikrogolfoond of ‘n kastrol
te smelt en dit dan in ‘n groot mengbak by die fyngemaakte beskuitjies in te
roer. Druk die mengsel netjies op die boom en teen die kante van die koekpan vas
en bak vir 10 minute. Laat die kors afkoel terwyl die vulsel berei word.

Verhoog die oondtemperatuur na 230 C.

Plaas die roomkaas in die mengbak van ‘n elektriese
menger, gebruik die menger se spaan-hegstuk en klop tot romerig. Voeg die suiker en meel by en klop vir nog 3 minute. Voeg die eiers en eiergeel een vir een by; onthou om die kante van die bak gereeld skoon te skraap. Roer die suurroom en vanieljegeursel by. Giet die vulsel in die voorbereide pan en bak vir 10 minute.

Verlaag die oondtemperaruur na 110 C en bak vir nog 30 minute. Skakel die oond af en maak die deur oop. Laat die koek vir minstens 2 uur in die oond afkoel.
Roer die suurroom, strooisuiker en suurlemoensap vir die bolaag saam in ‘n middleslagmengbak tot die suiker opgelos het. Giet dit oor die afgekoelde kaaskoek en verkoel oornag voor jy die kante versigtig van die pan losmaak en die koek uithaal.

Brandewyntert vir Diabete

Bestandele

DEEG

*250 ml gekapte dadels (150 g)
*5 ml koeksoda
*250 ml sterk, warm rooibostee
*50 ml sagte maragrien (45 g)
*2 ml vloeibare versoeter (vervang 25 ml suiker)
*1 middelslag-eier, geklits (50 g)
*2 ml vanielje- of karamelgeursel
*1 groot Granny Smith-appel, geskil, gerasper (150 g)
*300 ml Sasko- semelryke bruismeel (155 g)
*5 ml bakpoeier
*2 ml gemaalde kaneel
*0,5 gemaalde naeltjies
*1 ml gemaalde gemmer
*60 ml gekapte pekanneute (20 g)

SOUS

*150 ml appelsap (bv. LiquiFruit)
*25 ml brandewyn
*5 ml vanieljegeursel
*2 ml vloeibare versoeter (vervang 25 ml suiker) (opsioneel)

Metode:

1. Plaas die dadels in ‘n mengbak en strooi die koeksoda oor.Giet die warm rooibostee oor die dadels, laat afkoel en roer die mengsel om dit te verpulp.
2. Klits die margarien, versoeter, eier en geursel tot lig en romerig. Roer die gerasperde appel by die geroomde mengsel.
3. Meng die droe bestandele en roer om die beurt met die dadelmengsel by die geroomde mengsel. Skep in ‘n gesmeerde 160 mm x 160 mm x 50 mm-tertbord.
4. Bak 25-35 minute by 180 C in ‘n voorverhiite oond tot gaar. Giet die warm sous oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

Suikermielie Muffins vir Diabete

Bestandele

*500 ml Sasko- semelryke bruismeel (260 g)
*5 ml bakpoeier
*2 ml sout
*50 ml gekapte, vars pietersielie
*175 ml laevetmelk
*2 middelslag-eiers, geskei (100 g)
*10 ml canola-olie
*420 g-blik roomsoort-suikermielies

Metode:

1. Meng die droe bestandele en roer die pietersielie by die droe bestandele.
2.Klits die melk, eiergele en olie tot gemeng. Roer die suikermielies by die melkmengsel, voeg by die droe bestandele en roer liggies tot net gemeng.
3. Klits die eierwitte tot styf maar nie droog nie. Vou die eierwitte in die deeg in.
4. Skep die deeg in ‘n gesmeerde muffinpan met 12 holtes.
5. Bak 20-25 minute by 200 C in ‘n voorverhitte oond tot goudkleurig. Laat die muffins 5 minute in die pan afkoel. Sit louwarm voor.

Leave a reply

Fields marked with * are required